‘n Paar idees en voorstelle om in gedagte te hou wanneer ’n trofeefoto geneem word
Trofeefoto’s maak ‘n inteesante deel uit van enige jagter se jaglewe. Hier in ’n paar idees om die geweer- en boogjager te help om trofeefotos te neem om op trots te wees.
Respecteer die dier. Neem fotos so gou as moontlik na die skoot, terwijl die dier nog vars is en die karkas nog nie oopgemaak is nie. Maak alle bloedvlekke skoon,
sit die tong in die mond en hou die mond toe duer die hand onder die onderkaak te plaats. Doen alles wat nodig is om die trofee goed te laat vertoon.
Moenie op die dier sit en moet ook nie jou voet op die dier sit nie. Moenie probeer om die horings groter te laat vertoon deur hulle teen uitgestrekte arms te hou nie, dit beïndruk niemand nie.
Die jagter moet ook gerespekteer word, so, wees netjies. Steek jou hemp in, maak jou hoed reguit. Lyk netjies en versorgd vir enige gehoor.
Vermy ‘n sonbril, sigarette, slordige kleredrag en bierblikke/bottels.
Gebruik ’n natuurlijke agtergrond. ‘n Foto van ’n dier in sy natuurlike habitat met ‘n natuurlike agtergrond is veel meer betekenisvol as byvooreeld ’n foto agter op ‘n bakkie.
As dit werklik nodig is om te wag totdat u tuis is (WATWOU!! Kamera vergeet??) maak seker enige voertuie en mangemaakte strukture uit die weg geruim. Poseer voor ’n bos of ‘n boom in die tuin.
Beweeg tot naby die dier, maak seker die jagter en die dier vul die grootste gedeelte van die fotoraam. Dit is nie nodig om die hele dier in die doto te hê nie.
Medium-afstand foto’s met ‘n glimlachende jagter en die voorste helfte van die dier is die beste uitleg. Om nader te beweeg sluit ook enige onnodige agtergrond uit.
Sluit die jagter se geweer of boog in die foto in, dit hoef nie prominent of in die voorgrond te wees nie. Traditionele boë is baie mooi in enige foto.
Gebruik ’n flits, dit is die beste manier om skuduwees en donker kolle te voorkom, selfs in volle sonlig.
Dit help ook om die jagter se keps effens terug te stoot om donker skaduwees in die gesig te vermy.
Reportage © 2008 Raf van den Bogaert
Comment